JAGVELD - AGTER DIE SKERMS

  • BRILJANTE SKILPAD

    Kunsregisseur Pieter Bosman beduie vir die skilpad wat van hom verwag word, terwyl Leandie du Randt Bosch geduldig wag vir haar 'mede-akteur' om in karakter te kom. Diť skilpad was briljant voor die kameras en het elke keer met perfekte tydsberekening kop uitgesteek.

     

  • DIE JAGTOG BEGIN

    Leandie du Randt Bosch en regisseur Byron Davis bespreek een van die moeilike tonele in die fliek - net voor die groot jagtog begin.

     

  • WEDLOOP IN DIE SON

    Nie net Leandie du Randt Bosch moes baie fiks wees vir diť rol nie, maar hoŽ eise is ook gestel aan die kameraspan. Bertie van die Merwe en hoof van die kameraspan William Collinson (middel) het self baie gehardloop in die skerp Karoo-son.

     

  • FEES VAN SKURKE

    Die manne wat vir Emma jaag met kwade bedoelings: Luan Jacobs, Bouwer Bosch, Neels van Jaarsveld, Tim Theron, Edwin van der Walt en Danie Putter.

     

  • WARM OP DIE SPOOR

    Danie Putter vertolk die rol van AJ. Hier is hy net voor sy paaie met Emma kruis.

     

  • KAMMA-EINA

    Grimeerkunstenaar Cailin Nicolson was briljant. Hier is sy besig om 'n wond aan Danie Putter te bou. Die eindresultaat was nog meer realisties.

     

  • NET 'N KLIPGOOI V R

    Manne sal seuns bly ... Terwyl hulle wag vir hul tneel, het die manne met klip teiken gegooi. Van links; Bouwer Bosch, Luan Jacobs, Tim Theron en Neels van Jaarsveld.

     

  • PROBEER IS DIE BESTE GEWEER

    Tim Theron en Bouwer Bosch in ligte luim tydens verfilming, terwyl Milspec se wapendeskundige toekyk.

     

  • KOUE SWEET

    Grimeerkunstenaar Cailin Nicolson sorg dat Luan Jacobs genoeg sweet vir die volgende toneel.

     

  • 'N OOG VIR 'N OOG

    Grimeerkunstenaar Cailin Nicolson maak ogies vir Bouwer Bosch.

     

  • BERGE VERSIT

    Leandie du Randt Bosch sÍ dit was die veeleisendste rol wat sy nog aangedurf het. Sy moes leer skiet, slaan en kranse uitklim ...

     

  • KLIPPE KOU

    Kunsregiseeur Pieter Bosman moes een van hierdie klippe uit skuimrubber vervaardig sodat die akteurs nie seerkry nie. Kan jy raai watter een die regte rots is?

     

  • SONVANGER

    Leandie du Randt Bosch is 'n emosionele toneel met Tertius Meintjes.

     

  • LAG 'N SLAG

    Draaiboekskrywer Deon Meyer lag saam met beke3nde akteur Albert Maritz en regisseur Byron Davis.

     

  • RAMPOKKER-RIT

    Vervaardiger Deon Meyer het soms al die skurke in sy motor moes aanry. Hier is hulle, van links: Bouwer Bosch, Edwin van der Walt, Luan Jacobs, Danie Putter en Tim Theron.