KOORS

Ikaus

Ek wil vir jou vertel van die moord op my pa.

Ek wil vir jou vertel wie hom vermoor het, en waarom. Want dit is die storie van my lewe. En die storie van jou lewe en jou wÍreld ook, jy sal sien.

Ek het lank gewag voor ek dit doen, want ek dink ín mens het wysheid nodig, en insig. En afstand. Ek dink ín mens moet die kwaad ó eintlik seker al die emosies ó eers onder die knie probeer kry.

Ek is vandag sewe-en-veertig. Net so oud soos my pa was toe hy dood is, in die Jaar van die Leeu. Dalk genoeg afstand van die gebeurde, maar ek weet nie of ek ooit die nodige wysheid en insig sal ontwikkel nie. My kommer is dat ek baie van die belangrike gebeure en mense en ervarings gaan begin vergeet. Daarom wou ek nie langer wag nie.

Hier is dit dus. My memoir, my moordstorie. En my exposť, sodat almal kan weet.

 

Die resensente sÍ ...

  • Deborah Steinmair in Rapport:
  • Dit is eenvoudig so fassinerend en spannend dat ek in koorsagtige ongeduld met bewende vingers gespook het om die bladsye vinnig genoeg om te blaai.

    Die leser word pens en pootjies ingetrek, in die gevare wat uit alle windrigtings dreig, die aanpasbaarheid van die mens en die dinamika van menseverhoudings. Die boek is nie net fisiek lywig nie. Die skrywer vat ín groot hap filosofie, sielkunde, religie, sosiologie, tegnologie, krygskuns, en byt nooit meer af as wat hy kan insluk nie.

    Hierdie onherbergsame boek is ín beter vertoonvenster vir sy absolute genialiteit as misdaadfiksie. Dit omhels alles, die hele menslike gesteldheid, die stryd tussen goed en kwaad en al die skakerings tussenin. Die leser kry ín dwarsklap teen die kop en sy oŽ gaan oop ...

    Dis eenvoudig onmoontlik om daardie geykte term ďkragtoerĒ te omseil.

     

  • Cas van Rensburg in Die Burger:
  • Die sinsnede wat ín mens bybly wanneer jy Koors neersit, is ďdie verskeurende pyn van kennisĒ.

    Inderdaad. Hierdie roman is die boek van die kennis van goed en kwaad. Deon Meyer was nog altyd filosofies ingestel, maar in Koors maak hy sy volwaardige buiging as ďfilosofiese romanskrywerĒ met die klem sterk op La condition hu≠maine, soos die skrywers Albert Camus, Stendhal, Balzac, Melville, Proust en Dostojewski.

    Hieruit kan afgelei word dat Meyer as skrywer ín nuwe koers ingeslaan het, maar filosofies of niť, bly dit steeds ín spanningsverhaal wat jou van bladsy na bladsy laat asem ophou.

    Deon Meyer oortref homself.

     

  • Lien Troskie op Huisgenoot.com:

  • Vat die naweek af, maak die voordeur toe en lees Koors deur Deon Meyer. Ek het dit verlede naweek gedoen en is steeds in ín ligte beswyming (noem dit maar ín koors) nadat Deon Meyer my geneem het na ín wÍreld waar die meeste mense deur ín virus uitgewis is en niks is soos jy dit geken het nie.

    Willem Storm en sy seun, Nico, begin ín nuwe gemeenskap by die Vanderkloofdam en stuk-stuk kom nog oorlewendes van die uithoeke van die land daar aan.

    Gord jou vas vir skurke op motorfietse en in helikopters. En waar kry daardie helikopters brandstof wat nog vars genoeg is om te gebruik?

    Gord jou maar in die algemeen vas vir maklik die wildste rit van jou lewe en een groot teleurstelling, naamlik dat die boek tot ín einde kom!