Kobra

Kobra

Die laaste ding wat kaptein Bennie Griessel van die Valke nodig het, is moeilikheid. Want hy suip dalk al weer, hy lieg vir sy kollegas en sy AA-borg, en die intrek by Alexa Barnard was 'n fout. 'n Karnallie van 'n fout.

Maar die gastehuis-bloedbad buite Franschhoek was die werk van 'n professionele laksman – drie slagoffers, drie perfekte kopskote. En dis nie net die onverklaarbare gravering van 'n spoegkobra op die doppies – en die komende mediasirkus - wat vir Griessel laat bloedsweet nie.

Twee van die oorledenes is lenige militęre tipes. Spesmagte. Of Spoke.

Moeilikheid.

Heel onder, in die hoofslaapkamer, is tekens van 'n gestoei, en te veel bewyse dat iemand ontvoer is. Bes moontlik 'n buitelander.

Groter moeilikheid.

Maar die paspoort is vals, die Britse Konsulaat speel spioenasie-speletjies, en dieselfde huurmoordenaar slaan toe by die Kaapse Waterkant. Boonop neem die Staat se duistere Sekuriteitsagentskap die ondersoek oor, en die Valke moet 'n vlugtende, baie vaardige Kaapse sakkeroller dringend opspoor om hul eer – en die demokrasie – te red.

Maksimum moeilikheid.

 

Die resensente sę

  • Die Burger:

    Meyer het oor die laaste paar jaar ’n gerekende skrywer op internasionale vlak geword wat in dieselfde ­liga speel as węreldbekende skrywers soos Michael Connelly, Ian Rankin en David Morrell. Sy vorige publikasies het dan ook reeds talle welverdiende pryse gewen, sowel plaaslik as internasionaal. Met Kersfees om die draai, gaan Kobra ’n ooglopende en gewilde keuse vir menige Kers­feeskous wees. En tereg so, want ­Kobra is beslis Deon Meyer se beste boek tot nog toe.

    – Bennie Griesel is ’n regter in die Wes-Kaapse hoog­geregshof in Kaapstad.

  • Beeld:

    Kobra bevestig nogmaals dat Meyer ’n meester van sy kuns is en dat hy sy posisie onder die voorste skrywers in die genre in die węreld verdien.

    Soos ’n goeie speurverhaal betaam, begin Kobra teen ’n geweldige pas met drie lyke en ’n vermoedelike ontvoering op ’n spogplaas-gastehuis buite Franschhoek. Dit word gou duidelik dat hierdie geen eenvoudige bendemoord of crime passionel is nie, want vervalste paspoorte en identiteite, sowel as die inmenging van die Suid-Afrikaanse owerheid en internasionale sekerheidsmagte laat dit duidelik blyk dat hier vele, sterk en onbekende magte betrokke is wat die Valke se ondersoek bemoeilik, belemmer en selfs uiteindelik amptelik belet.

    Meyer het ’n byna bonatuurlike aanvoeling en voorgevoel vir wat aktueel is en gaan wees. Nie alleen word Suid-Afrikaanse korrupsie en arbeidsonrus in die vertelling ingeweef nie, maar die onbeperkte afluister-vermoëns deur regerings, geheime dienste en persgroepe, die gewetenlose magsbeheptheid van bankgroepe en finansiële instellings met geen verantwoordelikheidsgevoel oor die verpletterende gevolge wat hulle hebsug vir die węreldekonomie en gewone burgers mag hę nie, staan sentraal tot die intrige van Kobra.

    Soos die klassieke tragedie, lę die bevrediging van die misdaadroman in die herstel van ’n versteurde etiese en sosiale orde, wat universele appčl het, maar ook ’n besondere appčl in hierdie tyd in hierdie land. Meyer verskaf daardie bevredigende ontknoping, maar meer as dit, tooi hy dit met ’n onverwagse vrygewige genade en illustreer dat "The quality of mercy is not strained./ It droppeth as the gentle rain from heaven/Upon the place beneath. It is twice blessed:/It blesseth him that gives and him that takes.

    - Andries Wessels is die hoof van die departement Engels aan die Universiteit van Pretoria.