JAGVELD en Ander Draaiboeke

Ikaus

Hoe lyk n draaiboek?

Hoe skryf n mens n draaiboek? Hoe skryf jy n briljante draaiboek wat miljoene rande by die loket sal verdien?

Waarom skryf jy enigsins rolprente?

Waar kan ek leer oor draaiboeke? Wat is die verskil in skryfbenadering tussen n draaiboek en n roman? Waar kan ek een van jou draaiboeke in die hande kry? Ons het die fliek gesien, nou wil ons die boek lees. Waar kan ons dit koop? Gaan jy n boek skryf oor di fliek? Gaan jy n fliek maak oor di boek?

Dit is van die draaiboek-vrae wat byna daagliks in Deon e-pos se inmandjie beland, om nie eens te praat van Facebook-boodskappe nie. Kort nadat n fliek in teaters gedraai het, word soortgelyke vrae n konstante stroom wat weke lank kan aanhou. Hierdie boek is in die eerste plek bedoel om vier stories as alternatiewe lekkerlees-ervarings aan te bied veral omdat hulle nie in die gewone roman-formaat beskikbaar gaan wees nie. Maar dit is ook n poging om die grootste meerderheid van daardie vrae te beantwoord.

Dit bevat vier rolprent-draaiboeke van flieks wat reeds gemaak en algemeen beskikbaar is. Een is volledig op n kortverhaal gebaseer Die Ballade van Robbie de Wee. Twee is minstens breedweg genspireer deur van Deon se kortverhale: Jakhalsdans deur Bottervisse in die Jm, en Die Laaste Tango deur Verslag oor n Verdwyning.

En Jagveld is n oorspronlike draaiboek wat nie op enige vorige skryfwerk gebaseer is nie.

Ons hoop jy sal die boek (en die flieks) geniet, selfs al het jy nie n enkele vraag oor draaiboeke of flieks nie.

 

Die lokprente ...