7 Dae

Die e-pos

7 Dae762a89z012@anonimail.com
Sent: Sunday 27 February. 16:07
To: jannie.erlank@dieburger.com
Re: Hoekom s SAPS nie vir media van gewonde polisie nie?

Ek het gister 18:45 'n polisieman by Claremont polisiestasie geskiet. Ek het vanoggend 11:50 'n polisieman by Groenpunt Polisiestasie geskiet. Hoekom s die SAPS nie vir die media daarvan nie?

Want hulle steek iets weg. Hulle weet wie die moordenaars van Hanneke Sloet is. Hoekom is daar nog niemand gearresteer nie? Ek sal aanhou om polisiemanne in die been te skiet tot hulle Hanneke Sloet se moordenaars aankla.

Weet senior lede van die SAPS wie die moordenaar is? Hoe moeilik gaan hulle Bennie Griessel se lewe maak?

Die storie

Ek sal elke dag n poliesman skiet, tot julle die moordenaar van Hanneke Sloet aankla, lees die dreigbrief aan die SAPS. En dan begin hy hulle afmaai.

Bennie Griessel is die een wat die dossier moet heropen. Die saak is 40 dae oud, die spoor is koud. Daars geen motief nie, geen leidrade nie, net n reeks naakfotos, n hoogs ingewikkelde saketransaksie, en onmenslike druk van topbestuur, die media, en die meedonlose, onpeilbare sluipskutter.

En deur dit alles moet Griessel sy nuwe vriendin, die sangeres Alexa Barnard, weghou van die bottel voor haar groot terugkeer-konsert, sy seun keer om nie skandes te maak nie, sy kollegas weerhou op die ondersoek te kelder, en sy eie, verterende lus vir die helende kragte van die drank in toom probeer hou.

Sewe dae van hel.

Foto's en 'n video ...

Deon neem hope foto's wanneer hy navorsing doen, en plaas dit dan op die webwerf, sodat lesers kan sien hoe die wreld van doe boeke lyk.