13 Uur

Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans Ė en beangs. Sy word soos 'n dier gejag deur mans wat net ure gelede haar beste vriendin se keel afgesny het.

Om 05:43 bel hulle vir speurder-inspekteur Bennie Griessel wakker. Hy moet kom, 'n jong meisie se lyk lÍ langs St. Martini, die Lutherse kerk bo in Langstraat.

Die vorige aand nog het hy gedink dit gaan vir hom 'n spesiale dag wees: Die begin van 'n nuwe era in sy loopbaan, as mentor van 'n groep jong swart en bruin speurders. En hy verwag nuus oor sy bevordering. ĎKaptein Bennie Griesselí. Dit klink vir hom reg.

Behoort 'n redelik normale dag te wees.

Tot sy jong span polisiemense begin stry, baklei, struikel. Met die kerkmoord. Met die middeljarige, alkoholis-vrou wat haar man, 'n groot gees in die Afrikaanse musiekbedryf, twee keer met sy eie pistool deur die hart geblaas het. Met die soektog na die Amerikaanse toeris

.

Terwyl die diplomatieke telefoonlyne vuurwarm gebel word en selfs die Minister begin druk toepas, sodat die hele mentor-ding soos mis voor die son verdwyn en Griessel self moet inklim om die gemors te probeer red.

Om nie eens te praat van sy persoonlike probleme nie. Sy bankrekening lyk sleg, hy stoei nog met die dranklus, sy vervreemde vrou Anna bel uit die bloute en sÍ vanaand is die aand wat hulle oor die toekoms moet gesels. Weet sy van die 26-jarige rekenaartegnikus met die aansienlike borste wat hy gisteraand, in 'n oomblik van swakheid, op sy sitkamerbank deurgedraf het?

Boonop kondig sy vriend en kollega Mat Joubert aan dat hy die SAPS gaan verlaat, en dan bel sy seun Fritz met die nuus dat hy klaar is met skool, hy gaan kitaarspeler word in 'n rock-groep met die naam van ĎWet & Ordeí.

En indelik, net wanneer hy op die punt staan om die Amerikaanse meisie te red, skiet hulle vir Bennie Griessel. Reg in die hart.

Redelik normale dag, jou tipiese 13 Uur van Suid-Afrikaanse wetstoepassing.

Foto's en 'n video ...

Deon neem hope foto's wanneer hy navorsing doen, en plaas dit dan op die webwerf, sodat lesers kan sien hoe die wÍreld van doe boeke lyk.

Sů begin Hoofstuk 1:

Om 05:36 hardloop sy teen die steilte van Leeukop uit, die voeteval van haar sportskoene dringend op die gruis van die breŽ voetpad.

Op diť oomblik, wanneer die vroeŽ strale van die son haar soos 'n soeklig teen die berg vind, is sy die toonbeeld van sorgelose grasie. Van agter gesien, wip haar donker vlegsel teen die klein rugsak, haar skouers is Ďn diep sonbruin teen die poeierblou van haar T-hemp. Daar is energie in die ritmiese tred van haar lang bene in die denim-kortbroek. Sy skep die indruk van atletiese jeugdigheid Ė lewenslustig, gesond, gefokus.

Tot sy skielik gaan staan en oor haar linkerskouer terugkyk. Dan verbrokkel die illusie, want daar is angs in haar gelaatstrekke. En uitputting.

Sy sien nie die indrukwekkende skoonheid van die stad in die sagte lig van die opkomende son nie. Haar oŽ soek wild en bang na beweging in die hoŽ fynbos agter haar. Sy weet hulle is daar, maar nie hoe naby nie. Haar asem jaag Ė van inspanning, skok en vrees. Dit is adrenalien, die verskriklike drang om te leef, wat haar dwing om weer te begin hardloop, om aan te hou, ondanks haar lam ledemate, die brand in haar bors, die tamheid van 'n nag sonder slaap en die disoriŽntasie van 'n onbekende stad, 'n vreemde land, 'n ongenaakbare kontinent.

Voor haar vurk die paadjie. Haar instink dwing haar regs, hoŽr op, nader aan die Leeukop-rotskoepel. Sy dink nie, sy het nie 'n strategie nie, sy hardloop blindelings, haar slanke arms is die stange van die masjien wat haar aandryf.