Antwoorde op gereelde vrae

Hier is wat die meeste lesers wil weet. En 'n vinnige manier op die antwoorde te kry:

Sal Deon my boek vir my teken?

Natuurlik. Daar is twee maniere:

Woon 'n optrede by, of bestel 'n getekende kopie by Off the Shelf, die gewilde boekwinkel in Durbanville.

Waar kan ek Deon se boeke koop?

By jou naaste boekwinkel. As hulle nie voorraad het nie, vra hulle om te bestel. Of bestel self op die Internet van al die gewone plekke. Afrikaans is beskikbaar by byvoorbeeld Exclusive Books of Takealot).

Kan Deon help om my eie boek gepubliseer te kry?

Ongelukkig nie. Maar volg gerus sy raad en stuur dit aan 'n erkende uitgewer.

Sal Deon my storie (of lewensverhaal) skryf, asseblief?

Deon skryf ongelukkig net fiksie, en geniet dit baie om sy eie stories uit te dink. Oorweeg dit gerus om jou eie skryfwerk te doen. Dit is 'n heerlike proses.

Sal Deon my skryfwerk lees?

Hy kry byna daagliks versoeke om iemand se werk te lees, en kan tot sy spyt eenvoudig nie daaraan aandag gee nie. Jammer!

In watter volgorde moet ek Deon se boeke lees?

Dit is meer pret om die boeke te lees in die volgorde waarin dit geskryf is, maar dit is nie nodsaaklik nie ...